Synergy Cup-toernooi





Tennis

Hoƫrskool De Aar se leerders het die naweek van 15 tot 16 Maart aan die Synergy Cup-toernooi, te George deelgeneem waar hulle die Noord-Kaap verteenwoordig het.

Daar is orals by George, Hartenbos en Mosselbaai omgewing teen provinsies soos die Oos-Kaap en Boland gespeel.

Die kompetisie was straf, maar ons spelers het vir niemand teruggestaan nie.

HSDA wag nog vir die offisiƫle uitslae vanaf Noord-Kaap tennis voor die resultate bekend gemaak sal word.