SCST Mega Sportfees



HSDA se tennisspelers het tussen 24 en 29 Maart 2024 aan die SCST Mega Sportfees in George deelgeneem.

Die formaat van die tennisfees was 'n wedstrydgebaseerde tenniskliniek in kombinasie met normale tenniswedstryde wat gespeel is.

Dit was harde werk maar elke speler het waardevolle vaardighede bygeleer.