Wasserman Tennistoernooi





TENNIS

HSDA se tennisspelers het op Vrydag, 25 Augustus en Saterdag 26 Augustus aan die jaarlikse Wasserman Tennistoernooi in Middelburg deelgeneem.

Hierdie was ʼn jaar van uiterstes, aangesien die wind die Vrydag baie sterk gewaai het en dit yskoud op die Saterdag was.

Ten spyte van die weer is daar nog steeds baie goeie tennis gespeel en het elke speler dit baie geniet.

Die Wasserman Tennistoernooi is ʼn dubbeltoernooi en is daar dubbel, en gemengde dubbel gespeel.

HSDA speel in die A-liga en vaar baie goed.

Hulle wen skole soos Hoërskool Middelburg en Hoërskool Framesby.

Antoné Menne is gekies as speler van die toernooi by die meisies A-liga.



Tennisspelers wie aan die jaarlikse Wasserman Tennistoernooi in Middelburg deelgeneem het.