Noord-Kaap Tennisproewe





Hoërskool De Aar-leerders blink by Provinsiale Tennisproewe uit.

By die onlangse Noord-Kaaptennisproewe wat vroeg Desember 2023 in Upington plaasgevind het, het die leerders van Hoërskool De Aar hul vaardighede op die tennisbaan bewys.

Ten spyte van die uitmergelende hitte en die harde stryd vir elke punt, het die leerders hulself steeds uitstekend van hul taak gekwyt en die naam van Hoërskool De Aar hoog gehou.

Ons is trots om die volgende leerders geluk te wens met hul verdienstelike plekke op die Noord-Kaaptennisranglys.



O.15-Dogters: Christine Bester (2)

O.15-Seuns: Adriano de Carvalho, Marco de Carvalho (14), Christiaan Raath (15)

O.19-Dogters: Karia Erasmus (7), Welmy Erasmus (11), Anika Steyn (15), Antoné Menne (17)

O.19-Seuns: J.P. van der Westhuizen, JC Venter (22), TC Markgraaff (26)

Julle harde werk en toewyding is 'n inspirasie vir ons almal.

Geluk met hierdie besonderse prestasies!





HSDA TENNIS

Dertien van ons tennisspelers het van 25-27 Januarie in Kimberley aan die Noord-Kaap Tennisproewe deelgeneem.

Na twee warm dae en uitstekende tennis is ses van hulle in die Top 6 van hul ouderdomsgroepe gekies.

Dogters 0.15 is Karia Erasmus nommer vier en Seuns 0.15 is JP van der Westhuizen nommer ses.

TC Markgraaff is nommer vyf in die seuns 0.16 groep.

Die dogters 0.17 se nommer twee Antoné Menne, nommer vier is Alexa Appolis en nommer ses, Anika Steyn.

Karia, Antoné en Alexa speel Saterdag uit vir die Inter-pro-spanne.

Ons spelers het hul baie goed van hul taak gekwyt en na die harde tennis is hul slaggereed om die seisoen aan te pak.



Agter: Antoné Menne, Alexa Appollis, JP vd Westhuizen, TC Markgraaff, Christo Kruger en Karia Erasmus.

Voor: Anika Steyn, Marco de Carvalho, Adriano de Carvalho, Christiaan Raath, Joshua Sequeira, Anké vd Westhuizen

(Welmy Erasmus – afwesig)