Middelburg





HSDA VS HOëRSKOOL MIDDELBURG

Op Maandag, 20 Januarie 2023 het HSDA se tennisspelers teen Hoërskool Middelburg op Middelburg kragte gemeet.

Hierdie was HSDA se eerste wedstryd van die jaar en dit het baie goed gegaan.

HSDA was voorbereid vir hierdie kragmeting en het baie goeie tennis gespeel.

Daar is aan enkels- en dubbelwedstryde deelgeneem.

HSDA maak korte mette van hul opponente en wen Hoërskool Middelburg.

Die seuns wen hul enkels 6-4 en die dogters wen hul enkels 6-0. By die dubbels wen HSDA 5-3.