Hopetown en Douglas



HOëRSKOOL DE AAR SPEEL UITHALER TENNIS

HSDA SPEEL TEEN HOëRSKOOL HOPETOWN EN DOUGLAS

Dinsdag, 24 Oktober 2023 het HSDA se tennisspelers die pad na Hopetown gevat om hul laaste wedstryd van die jaar teen Hoërskool Hopetown en Douglas op Hopetown te speel.

Almal het ’n geleentheid gekry om te kan speel en was dankbaar vir die kompetisie wat plaasgevind het tussen die top tennisskole in die Pixley streek.

HSDA kon daarin slaag om gelykop teen Hoërskool Hopetown te speel met 7 elk en wen Hoërskool Douglas oortuigend met 10-2.

Baie dankie aan vir almal se ondersteuning deur die afgelope jaar – dit word opreg waardeer!