Burgersdorp





HSDA TENNIS

Ons eerste tennisspan het die afgelope naweek aan Hoërskool Burgersdorp se tennistoernooi deelgeneem.

Daar was sterk kompetisie en uitstekende tennis is gespeel. Ons dogterspan wen 23 van hul 24 wedstryde.

Saterdag wen ons ook die enkelspel met die meeste potte in ons guns.

Vrydag is daar dubbels en gemeng gespeel en al die potte is saamgetel om die wenner te bepaal.

Met goeie oorwinnings oor Hoërskool Fichardtpark, Hoërskool Cradock en Hoërskool Zastron, slaag ons daarin om tweede te eindig.

Ons is heel naweek bederf deur Burgersdorp se tennisklub wat ons op die hande gedra het.

Baie geluk aan ons spelers!



VLNR: Alexa Appollis, JP van der Westhuizen, TC Markgraaff, Anika Steyn,

Welmy Erasmus, JC Venter, Karia Erasmus, Adriano de Carvalho