Fichardtpark



TENNIS TEEN FICHARDTPARK

HSDA se tennisspelers het op Vrydag, 12 Maart 2021 teen Hoërskool Fichardtpark op Gariepdam kragte gemeet.

Dit was HSDA se eerste tenniswedstryd van die seisoen en almal was weer gretig om te begin speel en die litte weer los te kry. Daar is deurgaans aan streng Covid 19 regulasies voldoen, aangesien HSDA nog steeds die gesondheid van alle leerlinge wil verseker.

Daar is begin met dubbelwedstryde wat gedien het as opwarming voordat daar oorgegaan is na die enkelwedstryde. Die spelers kon ook swem om af te koel en sommige spelers het selfs ʼn bietjie vis gevang.

HSDA se tennisspelers het hulle staal gewys en het puik tennis gespeel. Die seuns verloor ongelukkig hulle enkelwedstryde, maar die dogters wen oortuigend.