Marco Wasserman Tennistoernooi



HSDA het op 23 en 24 Augustus aan die jaarlikse Marco Wasserman Dubbels Tennistoernooi op Middelburg deelgeneem.

Dit is ʼn baie lekker toernooi, want daar word die “no blame game” gespeel. ʼn Lekker atmosfeer het geheers. Die fokus was meer op persoonlike ontwikkeling as op prestasie.

HSDA het teen skole soos Union Volkskool, Framesby, Pearson en Middelburg deelgeneem.

Die kompetisie was straf, maar HSDA kon daarin slaag om vyfde in die A-afdeling te eindig.

HSDA se tennisspelers het hierdie toernooi baie geniet en stap met talle pryse uit die stryd. Ons sien baie uit na ons toer na Bethlehem wat tussen 5 en 7 September plaasvind.



CLODELLE MENNE EN VICKY COETZEE SKUD BLAD MET DIE OPPONENTE



KOBUS VAN DER WALT IN AKSIE