2023 Prieska





0.19 RUGBY

HSDA se eerste rugbyspan het ook die afgelope Saterdag tuis teen Hoërskool Prieska gespeel.

HSDA het die eerste helfte gesukkel en baie foute gemaak.

Hskool Prieska het hulle onder druk gehou en gesorg dat HSDA eers laat in die eerste helfte punte aanteken.

HSDA het rustyd 12-0 voorgeloop.

HSDA het die tweede helfte op ’n goeie noot begin en die drieë ingepalm met goeie aanvallende en ondersteunende spel.

HSDA slaag daarin om die wedstryd 45-0 te wen.

Ons is trots op die span met hul goeie oorwinning.



Eerste rugbyspan.





0.15 RUGBY

Die 0.15 rugbyspan het die afgelope naweek tuis teen Prieska gespeel.

Die jong arende was goed voorberei en stuur Prieska met die kous oor die kop huistoe.

Hoërskool De Aar wen 51-0.



0.15 rugbyspan





0.17 RUGBY TEEN PRIESKA

Die 0.17-rugbyspan van HSDA het Saterdag 20 Mei teen Hoërskool Prieska gespeel.

Alhoewel die span van HSDA tuisvoordeel gehad het, het die span van Prieska met alle erns gekom, om die wedstryd te wen.

HSDA was ’n paar keer aan die slaap gevang en Prieska kon uit hul foute voordeel trek.

Met ’n telling van 21 -5 in die guns van Hoërskool Prieska, is dit ’n teken dat HSDA terug na die tekenbord moet gaan en alles herevalueer.

Baie harde werk lê voor om van die liga ’n sukses te maak en ons glo dit sal geskied.