2023 Rugby teen Hoërskool Hopetown





0.19 RUGBY

Die seuns het ook teen Hopetown kragte gemeet.

HSDA was van die begin van die wedstryd onder baie druk geplaas.

Onnodige foute deur HSDA het gesorg dat Hskool Hopetown vinnig punte aangeteken het.

HSDA het tot die laaste oomblik probeer terugveg, maar verloor ongelukkig die wedstryd.

0.17 RUGBY

Die 0.17-rugbyspan van HSDA het op 17 Maart teen Hoërskool Hopetown kragte gemeet.

Dit was ʼn wipplank wedstryd waar beide spanne oor en weer in mekaar se helfte beland het, maar kon nie bewegings afrond nie.

Punte was maar skaars en ʼn gelykoptelling van sewe elk het gevolg.

Baie dankie aan elke ouer wat moeite gedoen het om te ry en vir die ondersteuning.

0.15 RUGBY

Die seuns het teen Hopetown kragte gemeet en hul harte uitgespeel en het daarin geslaag om die wedstryd 40-5 te wen.

Baie geluk aan die spelers!



0.15



0.17