Douglas





JONG ARENDE SWEEF HOOG!



HSDA 0.15A RUGBY

Saterdag, 13 Mei het HSDA se 0.15A-rugbyspan na Douglas gereis om die reuse Douglas Landbou Akademie aan te durf.

Dit was ’n veeleisende wedstryd. Teen die einde kon De Aar met die oorwinning wegstap.

Die seuns het indrukwekkende dissipline openbaar sowel as prysenswaardige trots.

Die eindtelling: De Aar 24 en Douglas 14.

Die komende Saterdag om 09:00 speel die seuns tuis teen Prieska



0.17 RUGBY TEEN DOUGLAS

Die 0.17-rugbyspan van HSDA het die afgelope naweek die pad in die reën aangevat om teen Douglas kragte te meet.

Die wedstryd was bietjie stadig aan die begin met die bal wat nat was, maar spelers het goed aangepas by die omstandighede.

Die span het baie vinnig gemaklik geraak met die kondisies en HSDA het daarin geslaag om vier drieë aan te teken.

HSDA wen dus Hoërskool Douglas 20-7.

Ons 0.17-rugbyspan sien daarna uit om hierdie naweek vir Hoërskool Prieska te huisves.

Ons hoop om almal daar te sien!