2023 Colesberg





RUGBY 0.19

HSDA se 0.19-rugbyspan het Woensdag 3 Mei teen Hoërskool Colesberg gespeel.

Die seuns was na ’n lang tyd weer terug op die veld en het ’n tydjie gevat om aan die gang te kom.

HSDA het voor halftyd goeie aanvallende rugby gespeel en twee drieë in gepalm.

Hskool Colesberg het HSDA se foute in hulle guns laat tel en met vyftien minute oor was die telling 19-12.

HSDA het mooi ondersteunende spel gespeel en slaag daarin om die wedstryd 31-12 te wen.

Ons is baie trots op die seuns.