Upington Sportdag



Twee van HSDA se netbalspanne het op 16 en 17 April aan Hoërskool Upington se sportdag gaan deelneem. Na die vorige Covid- jaar was die uitstappie en saam koshuis bly, ry en kuier weer heerlik.

Die eerstespan skop die naweek met hul wedstryd teen Hoërskool Kathu af. Hul bly die hele wedstryd ʼn kortkop voor, maar in die vierde kwart vat hul behoorlik vlam. Hul goeie samespel besorg hul oorwinning van 19-14.

Hul kom ook teen Hoërskool Upington en Hoërskool Duineveld te staan. Hulle slaag wel nie daarin om te wen nie, maar kon tog hul staal wys en het waardevolle ondervinding opgedoen vir die res van die seisoen.

Die 0.16-span speel teen Hoërskool Upington, Hoërskool Martin Oosthuizen van Kakamas en Duineveld. Die verdedigers het hul deurgaans goed van hul taak gekwyt en die ander spanne opdraande gegee. Alle geleenthede in die doelsirkel is egter nie benut nie en hulle kan ongelukkig nie daarin slaag om te wen nie.