2021 Noord-Kaap Diamante span





HSDA NETBAL

Met Covid in die lug is die netbalproewe in Maart op ys gesit.

Netbal SA het intussen besluit dat die All Ages toernooi slegs vir die 0.17 en 0.18-spanne sal plaasvind.

Op Donderdag 9 September neem twee van ons 0.17-spelers aan die Diamante proewe deel.

Nikisha Metcalfe en Noluvu Tybosch word albei vir die Noord-Kaap Diamante span gekies.

Hulle gaan in Oktober aan die All Ages toernooi deelneem.