2021 Netbal teen Hoërskool Hopetown





HSDA NETBAL

Op Saterdag 21 Augustus speel HSDA na maande se onderbreking weer ‘n slag ‘n wedstryd!

Hierdie was dan ook ons matrieks se laaste wedstryd.

Vyf van ons spanne het die geleentheid gehad om teen Hoërskool Hopetown te speel.

Hulle het drie A-spanne gebring, al het ons B-spanne swaargekry teen hul A-spanne was dit nogsteeds ‘n heerlike oggend van netbal.

Slegs ons 0.14 A- en 0.19A – spanne kan daarin slaag om te wen.

Die 0.14-A span wen naelskraap 8-7.

Die gelykop stryd het die spelers gedwing om uithaler netbal te speel.

Die eerstespan het uit die staanspoor die voorsprong geneem.

Die doele se samespel en doelgemiddeldes was uitstekend.

Die drie matrieks in die span sal verseker gemis word.