2021 Netbal teen Hoërskool Colesberg





HSDA NETBAL

Ses van HSDA se netbalspanne speel op Woensdag 12 Mei op Colesberg. Die eerste leerders wat die nuwe bus kon uittoets! Die gemaklike rit moes ʼn goeie invloed op die spelers gehad het, want almal het baie goeie netbal gespeel. Van die agt wedstryde wat gespeel is, verloor ons slegs twee toe ons B-spanne teen hul A-spanne te staan gekom het.

Die 0.19A-span wen 13-6. Hul speel uitmuntend en onderskep baie balle. Selfs die feit dat hulle sonder hul Senter speel, bring hul van stryk nie en hulle vaar baie goed.

Die 0.16A-span speel twee wedstryde. Hul wen die wedstryd teen Colesberg se 0.16 span oortuigend met ʼn telling van 21-7. Die soele speel kookwater netbal en verseker die oorwinning. Hulle kom ook te staan teen Colesberg se 0.19A-span, en staan nie ʼn tree terug vir die sterker span nie. In die eerste helfte is dit ʼn kop-aan-kop stryd, maar in die 2de helfte kry Colesberg die oorhand en verloor ons 16-11.

Die 0.15A-span speel ook twee wedstryde en wen albei. Hier was dit die senter baanspelers wat met goeie kommunikasie verseker dat die bal by die doele uitkom.

Die 0.14A-span wen 9-3. Alhoewel die min speel ervaring van die Covid-19-jaar ʼn invloed op hul netbalvaardighede het, probeer almal hul bes en is die samespel goed.

Ons 0.14B-span kom ook teen die 0.14A-span te staan en alhoewel hulle met ʼn groot poging begin het, kon hulle dit nie in die tweede helfte volhou nie en verloor ongelukkig.

Die 0.15B-span speel teen Colesberg se 0.15A-span. Verskeie beserings knie-halter hulle, maar ten spyte hiervan slaag hulle daarin om te wen.



EERSTE SPAN NETBAL - wen 13-6



0.16A wen 21-7



0.15A wen 13-11 en 14-12



0.14A wen Colesberg 9-3



0.15B wen Colesberg 16-6