2024 Knights





O.19-Krieket

HSDA se o.19-Krieketspan het Saterdag, 10 Februarie 2024 teen die Knights, 'n buiteklub van De Aar, gespeel.

Die Knights het die loot gewen en besluit om te kolf.

Reid du Toit en Miguel Nieuwenhuizen het vroeg paaltjies geneem, maar die goeie spanwerk van die Knights het gesorg dat hulle 151-lopies in die 30-boulbeurte aanteken.

HSDA het goed begin met die kolf, maar die Knights se boul- en veldwerk was op 'n goeie standaard.

Marnu Deysel het 42-lopies in die wedstryd aangeteken.

HSDA kon ongelukkig nie die wa deur die drif trek nie en was 32-lopies kort van die teiken.

Ons is trots op die span wat die wedstryd geesdriftig gespeel het en tot aan die einde hulle beste probeer het.