2023 Prieska



KRIEKET TEEN PRIESKA

HSDA se eerste krieketspan het verlede Woensdag teen Prieska gespeel.

Prieska wen die loot en kies om eerste veldwerk te doen.

Dit was ’n uitdagende wedstryd, die veld- en boulwerk laat ons egter in die steek.

Prieska slaag daarin om ons met twee paaltjies te wen.





Die afgelope Donderdag het De Aar tuis teen Prieska gespeel.

De Aar het die lood gewen en gekies om eerste te boul.

De Aar het Prieska se lopies ingeperk en hulle was 72 almal uit na 15.2 boubeurte.

Dewald Greeff het met sy boulwerk van drie paaltjies vir net sewe lopies van drie boulbeurte uitgeblink.

Verder het De Aar gekolf, waar hulle 73 lopies aanteken vir 6 na 12.1 boulbeurte.

Reid du Toit het 25 lopies, nie uit nie, geslaan en JC Venter 12 lopies waar hulle die grootste kolf vennootskap vir De Aar aanteken 39 lopies van 31 balle.

De Aar wen die wedstryd met vier paaltjies.

Reis is ook as die speler van die wedstryd aangewys.

Baie geluk!



Agter: Philip Wiid, Marnu Deysel, JC Venter, Miguel Nieuwenhuizen, Graeme Boucher,

Joshua Sequeira, Jan-Hendrik Viljoen, Adriano de Carvalho, Mnr. Albie Botha,

Voor: Doaan Greeff, Reid du Toit, Dewald Greeff, Mcfidel Swanepoel, Anja van der Merwe