Nerderland toer





HSDA Hokkiemeisies toer na Nederland

Welmy Erasmus (16 jaar) en Vuyisa Mata (17 jaar) het ’n onvergeetlike ervaring gehad toe hulle van 2-10 Oktober saam met 104 Suid – Afrikaanse kinders in Nederland gaan hokkie speel het.

Ouderdomme seuns en meisies 0.14, 0.17 en 0.19 het deelgeneem. Hulle het in Amsterdam begin en volle afrigting ontvang en wêreld bekende afrigters soos Maarten Bosman, ook nommer 2 in Nederland. Na afloop van afrigting wat tussen drie en vier ure per dag was, het hul wedstryde teen onder andere Rood-wit en Isseloever hokkie klubs gespeel.

Welmy Erasmus het ook in Den Hague haar staal gewys en vir haar span ’n doel geskiet.

Daar is baie hard gewerk maar ook tyd gemaak vir ontspanning. Kanaalritte, fietstoere en die Efteling Theme Park was besoek wat groot pret veroorsaak het.

Hulle het ook tyd gekry om na professionele hokkiespanne te kyk terwyl hul meeding.

Buiten dat hulle met soveel nuwe tegnieke na SA toe teruggekeer het, is daar ook kosbare vriendskappe gesmee en het hulle Nederland in volle glorie beleef!



Die ECHS 0.17 hokkie span



Vuyisa Mata en WelmyErasmus