Burgersdorp





HSDA MAAK SKOONSKIP!

Drie hokkiespanne het die afgelope naweek teen Hoërskool Burgersdorp deelgeneem. Die spanne het hul staal gewys en hul opponente behoorlik laat les opsê.

Die 0.18B-span is van meet af op die aanval en gee hul opponente nie speelkans nie. Hul palm vinnig vyf doele in: HSDA wen oortuigend met 5 doele teenoor 1.

Die 0.18A-span speel teen ʼn gemengde eerste- en tweedespan. HSDA laat hul egter nie onderkry teen die sterk span nie en veg verbete in hul doelgebied. Die wedstryd eindig 1-1.

HSDA se eerstespan spring vinnig uit die wegspringblokke en speel ʼn vinnig, aanvallende eerste helfte. Hul laat hul opponente behoorlik les opsê. Gedurende die tweede helfte van die wedstryd kry Hoërskool Burgersdorp die oorhand, maar hul kan nie deur HSDA se verdediging breek nie. HSDA wen 1-0.

1ste span hokkie: HSDA se eerstespan spring vinnig uit die wegspringblokke en speel ʼn vinnig, aanvallende eerste helfte. Hul laat hul opponente behoorlik les opsê. Gedurende die tweede helfte van die wedstryd kry Hoërskool Burgersdorp die oorhand, maar hul kan nie deur HSDA se verdediging breek nie. HSDA wen 1-0.