Pixley ka Seme



29 FEB 2020

Die afgelope naweek het twaalf van HSDA se atlete aan die Pixley ka Seme Atletiekbyeenkoms op de Aar deelgeneem. Die kompetisie was sterk, maar die leerders het hulle goed van hulle taak gekwyt. Na ʼn lang, uitputtende dag slaag die atlete om twee goue medaljes, ses silwer medaljes en 4 brons medaljes te verower.

Iling Fan (silwer in 100m hekkies en silwer vir die 100m en 200m) Shanique Williams (silwer in spiesgooi), Maxwenique Jooste (goud driesprong), Anlie Human (Silwer in diskus en gewigstoot) Camon Simons (brons driesprong) Elské du Toit(goud in diskus en brons in gewigstoot), Lawrenzo Swarts (silwer in driesprong en verspring)