Noord-Kaap Atletiek



Die afgelope naweek het ses van ons skool se atlete aan die Noord-Kaap Atletiek byeenkoms gaan deelneem in Upington. Ten spyte van die warm son het ons atlete goed presteer.

Lawrenzo Swarts het tweede in verspring seuns onder 19 gekom, Anlie Human het tweede in gewigstoot en derde in diskus vir dogters onder 19 gekom. Elske du Toit het eerste in diskus vir dogters onder 19 gekom. Maxwenique Jooste het derde in verspring gekom, dogters onder 17. Shanique Williams het derde in spiesgooi dogters onder 17 gekom.

Baie geluk aan die atlete – HSDA is baie trots op julle!

Medalje Wenners

Anlie Human, Shanique Williams, Maxwenique Jooste Lawrenzo Swarts, Elske du Toit