2019 Kleure Atletiek



Beker Wenners vir 2019

Voor: Beste baanatleet vir dogters 19, Philasande Booi (100m), Beste baanatleet , veldatleet en Vixtrix Lodorum Senior vir dogters 17, Nelje Geyser (200m en Spiesgooi), Beste veldatleet en Beste hekkies atleet vir seuns 17, Nicolaas Malan (Hoogspring en 110mH), Beste veldatleet vir seuns 17, Philip du Toit (Gewigstoot), Beste baanatleet (100m), Beste 100m atleet en Victor Lodorum Senior vir seuns 19, Clement v Syfer en Beste veldatleet vir seuns 16, Qhawe Makalima (Gewigstoot).

Agter: Beste baanatleet (100m) en Vixtrix Lodorum Junior vir dogters 14, Antoné Menne, Beste baanatleet vir dogters 15, Kira King (100m), Beste veldatleet vir dogters 14, Welmy Erasmus (Gewigstoot), Beste veldatleet vir seuns 19, Lawrenzo Swarts (Verspring), Beste baanatleet vir seuns 16, Philasande Tshaliti (400m), Beste veldatleet vir dogters 16, Shanique Williams (Spiesgooi), Beste baanatleet vir dogters 16, Shanel Janse van Rensburg (400m), Beste veldatleet vir dogters 19, Anlie Human (Gewigstoot), Beste baanatleet vir seuns 17, Anthony Hermanus (200m) en Beste baanatleet (100m), Beste veldatleet (Hoogspring) en Victor Lodorum Junior vir seuns 15, Ethan Afrika





HSDA se jaarlikse Kleure Atletiek het Donderdag plaasgevind.

Hierdie jaar het die blou en groen spanne baie moeite gedoen met hul aankoms en versierings by die Atletiek!

Ons jaarlikse Kleure atletiek het 23 en 24 Oktober plaasgevind. Woensdagmiddag het afgeskop met ʼn paar veld items en daarna het die 100meters gevolg. Die onderwysers het die atlete aangevat in die aflosse en natuurlik gewen. Donderdag oggend het die rasieleiers ons almal vermaak met kreatiewe optogte. Die blou span was visvangers van formaat en die groenspan was kranige jagters. Die dag was ‘ n groot sukses! Baie geluk aan die groenspan wat gewen het