JF Byeenkoms (12 OKTOBER 2019)



Die afgelope naweek het twaalf van ons skool se atlete aan die jaarlikse Jim Fouché atletiekbyeenkoms in Bloemfontein gaan deelneem. Altesaam 50 skole het aan die byeenkoms deelgeneem. Alhoewel die kompetisie straf was, kon ons atlete nog steeds wys waarvan hulle gemaak is.

Die atlete kon daarin slaag om sewe medaljes in te palm. Ethan Afrika het brons vir driesprong, Lawrenzo Swarts het ʼn silwer vir verspring en goud vir driesprong, Elské du Toit het brons vir diskus ontvang., JP Senekal het brons vir spiesgooi en Neljé Geyser het silwer vir beide gewig stoot en spiesgooi. Baie geluk aan al die atlete. HSDA is baie trots op julle.