2023 Postmasburg





Toutrekspan vaar goed



Die afgelope naweek, 25 Februarie het die Karoo Toutrek Klub aan ’n liga kompetisie in Postmasburg deelgeneem.

Dit was ’n strawwe kompetisie en die klubs wat deelgeneem het was asvolg: Hartswater, Postmasburg, Kimberley, Jacobsdal en Diamanthoogte.

Die Karoo Toutrek Klub het aan vyf gewigte deelgeneem met die volgende uitslae:

440kg - tweede,

480kg Dogters - tweede,

520kg seuns - vierde,

520kg mix - vierde en

560kg - vierde.

Hierdie klub is dankbaar teenoor Laerskool De Aar wat hulle bus beskikbaar gestel het en ook teenoor Duane Jonker wat die bus bestuur het, al die afrigters en al die ouers vir hulle ondersteuning.