2023 Kimberley





Toutrek

Op die 4de en 5de Mei het vyf van HSDA se dogters aan die ope, “ All African Tug of War Championships” in Kimberley gaan deelneem.

Nege Suid-Afrikaanse klubs, vyf Zimbabwiese Klubs en drie Lesotho klubs het deelgeneem.

Die volgende medaljes is verower:

In die 500kg groep het Helen Kahugu, Almarie Maritz, Chloe Jonker, Zanri Dumas en Elrisa Truter elkeen ʼn silwer medalje ontvang.

In die 560kg groep het Almarie Maritz ʼn brons medalje ontvang en Elrisa Truter en Zanri Dumas elkeen ʼn goue medalje.

In die 600kg groep het Elrisa Truter en Zanri Dumas elkeen ʼn goue medalje ontvang.

Baie geluk aan hierdie dogters.

HSDA is trots op julle!



HSDA dogters wat op die 4de en 5de Mei aan die ope,

" All African Tug of War Championships" in Kimberley gaan deelneem en medaljes verower het:

Agter: Almarie Maritz, Chloe Jonker, Elrisa Truter

Voor: Helen Kahugu, Zanri Dumas