2022 Toutrek





De Aar Junior BOOTS toutrek.

Zanri Dumas, Elrisa Truter en Chloe Jonker het die afgelope naweek, 22 Oktober aan die Suid Afrikaanse Toutrek Kampioenskappe in George deelgeneem.

Junior en Senior toutrekker het deel geneem en was dit een van die grootste kompetisies oor die afgelope jare.

Altesaam was daar 114 spanne van regoor die land met 8 spanlede elk in ‘n span.

Die 3 trekkers van De Aar was opgeneem in die Noordkaap spanne en het uitstekend gevaar in hul onderskeie spanne en gewigsafdelings al het hul nog nooit saam met die spanne geoefen nie

Zanri en Elrisa trek in 3 verskillende dames gewigsafdelings en wen 2 medaljes, in die Presidents afdeling, elk. Asook ‘n vierde plek in die Primier gewigsafdelings.

Chloe se gemengde onder 23 span ( 4 mans en 4 dames) eindig 5de van 13 spanne teen strawwe kompetisie.

Die afrigter Mnr Johan Jonker wil elke trekker, afrigters, ouers en ondersteuners bedank vir hul vinnige reaksie om op so ‘n kort kennisgewing so vining te reageer om die sport in ons streek te bevorder.

Ons as De Aar kan trots wees op die nuwe toutrekkers se verskeie prestasies en besef dat dit nie die laaste kompetisie is wat sal plaasvind nie, maar wel die begin van ‘n nuwe sport en met groot belangstelling dopgehou gaan word.



Zanri Dumas, Elrisa Truter en Chloe Jonker voor die SA toutrek kompetisie in George.

Op hul linker voorarm kan gesien word in watter gewigsafdelings hul deelgeneem het.