2023 Cape Town Cycle Tour





CAPE TOWN CYCLE TOUR

Elizca Bester, graad 12 leerder van HSDA, het die 12de Maart vir die sesde maal aan die Cape Town Cycle Tour deelgeneem, beter bekend as die Cape Argus.

Met warm en winderige toestande, voltooi sy die 109km in vier uur en vyf en twintig minute en behaal ’n plek van negende in die 0.19- afdeling.

Sy sê haar lyf was moeg en seer, maar twyfel nie om weer volgende jaar aan die Cape Town Cycle Tour deel te neem nie.

HSDA is trots op hierdie leerder – baie geluk!