2024 Douglas en Hopetown
HSDA speel bakgat rugby.
Die afgelope twee naweke het die o.15A en -B, o.17 en eerste rugbyspanne van HSDA teen Hoërskool Douglas en Hoërskool Hopetown, onderskeidelik, kragte gemeet.
Die wedstryde was taai.
Op Saterdag 11 Mei teen Douglas het die spanne mekaar se vernuf getoets, maar die o.15A en -B asook o.17’s van HSDA was net té sterk.
Die eindtellings was: o.15B wen 26-0; o.15A wen 40-12 en o.17’s wen 48 – 0.
Die eerste span se wedstryd was soos ‘n toetswedstryd met beide spanne wat die telbord aan die gang wou hou deur strafskoppe te omskep in punte.
Ongelukkig het die eerste span verloor met ‘n telling van 12 punte teenoor 8.
Vrydag 17 Mei het die spanne Hoërskool Hopetown uitgedaag.
Die o.15A-span het gesukkel in die eerste helfte, maar stap weg met die sege en ‘n telling van 17-5.
Die o.17’s het ‘n uitsonderlike vertoning gelewer deur hul teenstaanders gemaklik te wen met ‘n telling van 69-5.
HSDA se eerste span het baie goed gespeel in die eerste helfte, maar het ‘n bietjie slap gelê en vroeg in die tweede helfte twee drieë afgestaan.
Hulle het te laat begin terug veg en kon nie daarin slaag om Hopetown se doppie te klink nie. Hulle verloor 19-15.
Daar is nog drie ligawedstryde oor en ons sien uit na die volgende wedstryd die naweek 25 Mei teen Wildeklawer.

Rugby o.15A Wen Hopetown 17-5

Rugby o.17 wen Hopetown 69-5