2024 Griqualand-liga
HSDA se netbal neem aan die semifinale en finale in die Griekwaland-liga deel.
Saterdag, die 3de Augustus het Hoërskool De Aar se onder 14A-, 15A- en 19A- netbalspanne in Kimberley aan die Griqualand-liga se uitspele deelgeneem.
Die onder 14A-netbal neem in die Mediumskole-liga deel, waar hulle teen Curro Kathu gespeel het en ongelukkig met 2 punte verloor het.
Hulle speel toe uit teen HMO van Kakamas vir die derde posisie en verloor ongelukkig en eindig vierde in die Griqualand mediumskole-liga.
Die onder 15A-netbal neem in die kleinskole-liga deel en speel teen Hoërskool Hopetown uit vir die liga-wenners.
Hulle het hard probeer, maar verloor ongelukkig en eindig tweede in die onder 15’s se kleinskole-liga.
Hoërskool De Aar se eerste netbalspan speel ‘n uitdagende wedstryd teen Hoërskool Hartswater en verloor 24-22, maar kry egter vir Hoërskool Namakwaland en wen met ‘n oortuigende 26-19.
Die eerste span eindig dus tweede in die Griqualand kleinskole-liga.
Die netbalseisoen is definitief op ‘n hoogtepunt afgesluit deur die geleentheid te kon kry om deel te neem aan die semi-finale en finale in die Griqualandliga.
Al die spanne wat gespeel het, het hul bes gegee, en hou Hoërskool De Aar se naam hoog!
Ons is trots op een en elkeen van julle!
Netbal eerstespan speel in die finaal teen Hartswater en eindig tweede in die kleinskole afdeling.
Netbal o.14A verloor ongelukkig teen Curro Kathu en HMO en eindig vierde by mediumskole liga.
Netbal o.15A speel Kleinskole Finaal teen Hopetown en eindig tweede in die liga.