2024 Knights



HSDA-krieket maak opslae.

HSDA se eerstekrieketspan het geskiedenis gamaak om op Sondag 27 Oktober teen die Knights (klubspan) ‘n T20-wedstryd te speel.

HSDA het die loot gewen en besluit om eerste veldwerk te doen. Met briljante boul- en veldwerk is die Knight's vroeg onder druk in die wedstryd geplaas.

Senzo Fillies het vir die tweede naweek in ry ‘n vyf kuns behaal en net 9 lopies afgestaan in sy vier boulbeurte. Dit het die Knights beperk om 62 aan te teken.

HSDA het gesukkel om uit die wegspringblokke te kom en ongelukkig vroeg paaltjies verloor.

Laythime Jarvis en Adriano de Carvalho se vennootskap van 27 het die span goeie momentum gegee.

Reid du Toit (10) en Adriano de Carvalho (28) het die wedstryd beëindig met goeie aanvallende houe in die sestiende boulbeurt.

HSDA slaag daarin om die Knights met 7 paaltjies te wen.

Ons is trots op die seuns wat goeie karakter deur die seisoen gewys het.

Ons sien baie uit na die seisoen wat in volgende jaar aangaan.





O.19-Krieket

HSDA se o.19-Krieketspan het Saterdag, 10 Februarie 2024 teen die Knights, 'n buiteklub van De Aar, gespeel.

Die Knights het die loot gewen en besluit om te kolf.

Reid du Toit en Miguel Nieuwenhuizen het vroeg paaltjies geneem, maar die goeie spanwerk van die Knights het gesorg dat hulle 151-lopies in die 30-boulbeurte aanteken.

HSDA het goed begin met die kolf, maar die Knights se boul- en veldwerk was op 'n goeie standaard.

Marnu Deysel het 42-lopies in die wedstryd aangeteken.

HSDA kon ongelukkig nie die wa deur die drif trek nie en was 32-lopies kort van die teiken.

Ons is trots op die span wat die wedstryd geesdriftig gespeel het en tot aan die einde hulle beste probeer het.