2024 Hopetown





HSDA-krieket seëvier

HSDA se eerste krieketspan het op Saterdag, 19 Oktober aan Hopetown se Krieketdag deelgeneem.

HSDA se eerste wedstryd vir die dag was teen Hoërskool Douglas wat eerste gekolf het.

HSDA was skerp in die veld en met goeie boul werk van Senzo Fillies wat 5 paaltjies vir net 11 lopies afgestaan het, kon die span HSD beperk tot 93 lopies.

HSDA het goed begin met hulle kolfwerk in die eerste paar boulbeerte, maar ongelukkig ook paaltjies verloor.

Reid du Toit en Adriano de Carvalho se vennootskap het die span goeie momentum gegee en HSDA wen die wedstryd met 6 paaltjies.

HSDA se tweede wedstryd vir die dag was teen Hoërskool Hopetown.

HSH het eerste gekolf. HSDA het gesukkel in die veld weens vuurwarm en winderige omstandighede.

HSH het in hulle beurt 131 lopies aangeteken.

HSDA het vroeg in die wedstryd paaltjies verloor, maar Reid du Toit (39*) het saam met verskeie kolwers goed kopgehou.

HSDA wen die wedstryd met 4 paaltjies.

Ons is baie trots op die span wat goeie karakter en sportmangees op die dag gewys het.



Eerstespan Krieket wen met 6 paaltjies teen Douglas



Krieketspan wen Hopetown met vier paaltjies