2022 Interskole teen Vaalharts
HOëRSKOOL DE AAR TEEN VAALHARTS
Die hoogtepunt op die sportkalender van HSDA is die interskole teen Hoërskool Vaalharts.
Hierdie jaar het HSDA vir hskool Vaalharts op hul tuisgrond uitgedaag. Geesbou het al Woensdag, 20 Julie 2022, begin.
Donderdag was “Big Brag”, en al die spanne was bekend gestel. Almal was opgewonde vir die sportdag.
Die 0.15B span wys goeie sportmangees op die veld teen Futurum. Alhoewel dit nie ’n wen was nie, het die span voluit gespeel tot die eindfluitjie geblaas het.
Die spankapteine was Gerozaid Hollander en Siphelele Jansen.
vlnr:
Die eerste rugbyspanne met hul sjampanjenooiens
Die eerste netbalspanne van HSDA en Hskool Vaalharts voor die wedstryd.
Die spanne wat gewen het teen Vaalharts
Vlnr: 0.15 Netbal span wen teen Vaalharts 16-4, 0.15A Rugby span wen 22-17, 1ste Hokkie span wen 4-0