2021 Oriëntering





HSDA SOTTE – ORIëNTERING

Nuwe Graad 8 – leerlinge, te Hoërskool De Aar het onder leiding van die Seniorraad met oriëntasie begin. ʼn Groep bang en onseker gesiggies het Woensdag, 10 Februarie, hul eerste dag by Hoërskool De Aar, trotseer.

Daar was hoofsaaklik op spanbou gefokus, asook die leer van die skool se waardes. Die sotte se interessante kleredrag het beslis skoliere vermaak. Hulle eerste uitrustings moes hulle in baba uitrustings skooltoe kom, gevolg deur bliksoldate, “Divas and dudes” en Teletubbies. Die sotte is touwys gemaak in sake die skool en sy verskeie aktiwiteite. Ons glo dat die leerders reeds tuis voel en hul is tans besig om vir die sotte konsert te oefen.

Hou dop hoe hierdie jong Arende gespeen word tot volwassenheid!