2020 Sotte Konsert





HSDA VERWELKOM ARENDKUIKENS

Op 15 Januarie het die nuwe graad 8 groep, senuagtig maar opgewonde by HSDA se hekke ingestap.

Die eerste twee dae het hulle ʼn program gevolg, wat deur die Seniorraad gelei is. Gedurende dié tyd het hulle die skool beter leer ken en ook van HSDA se trotse tradisies geleer.

Vrydagaand, 17 Januarie het die graad 8’s ʼn deurnag gehad. Die deurnag het om 19:00 begin met ʼn lofsing deur Wian Vos gelei. Dit was ʼn aand vol speletjies en ʼn spooktoer deur die skool waar die gr 8’s kennis gemaak het met “die mantel”. Die aand is afgesluit met ʼn uitstappie na die koppie. Die graad 8’s het die koppie geklim en die sonsopkoms van bo aanskou.

Die oriënteringsweek is met die Sottekonsert afgesluit. Die graad 8’s het ʼn goeie vertoning op die planke gebring. Ulrich Brand en Mia Raath is onderskeidelik as sottekoning en koningin aangewys. Die graad 8’s het ook hul dasse ontvang en die konsert met die skoollied afgesluit.

Die graad 8’s van HSDA het baie potensiaal en ons is opgewonde om te sien wat hul HSDA – toekoms inhou.





SOTTE KONSERT:

TEMA: CHARLIE AND THE CHOCOLATE FACTORY WITH A TWIST













SOTTE KONING: ULRICH BRAND

SOTTE KONINGIN: MIA RAATH