2022 Melodrama





HSDA GOT TALENT





Soos gewoonlik was Hoërskool De Aar se Melodrama ‘n hoogtepunt op die jaar se kalender.

Op Donderdag, 22 September 2022 het HSDA se personeel hul talent gewys, tydens die Melodrama “HSDA GOT TALENT”.

Sterre het behoorlik die lagspiere geprikkel en die gehoor op hul voete gehad.

Alle fondse wat geïn word tydens hierdie geleentheid gaan as finansiële ondersteuning vir ons leerders.

Baie dankie vir almal se ondersteuning!