2023 Matriekfunksie uitnodiging





Matriek Uitnodigings

Vrydag, 25 Augustus was daar groot opwinding by HSDA.

Die Graad 12’s het met groot afwagting gereed gestaan om hul matriekafskeiduitnodigings te ontvang.

Die rooitapyt is oopgerol en elke matrikulant het die geleentheid gehad om by die erewag af te stap en hul vliegkaartjies en paspoorte vir ‘n “Trip around the world” (die jaar se tema) te ontvang.

Die tema is mooi deur die vlieëniers, gasheer en gasvrou en die lugwaardinne, seremoniemeesters ten toon gestel.

Die matrikulante en onderwysers was almal baie beïndruk met hul unieke uitnodigings wat vir elkeen persoonlik gemaak is. Almal sien uit na die 28ste September wanneer die feesvieringe voortduur.