2020 Uitstapdag





LAASTE DAG VIR HSDA MATRIKULANTE

Maandag, 2 November 2020 was die laaste skooldag vir matrikulante. Hierdie jaar was in baie opsigte te kort en te lank, te stadig en te vinnig. Tog is Uitstapdag altyd ʼn emosionele dag vir ʼn matrikulant.

ʼn Erewag is deur graad 11’s gestaan, die Volkslied en Skoollied, gesing deur Zimkitha Silo, is vir oulaas gespeel en afskeid is geneem. Die skriflesing was deur Pastoor R. Sadie en ʼn afskeidsboodskap is van die SBL Voorsitter, mnr. J Ritter en die skoolhoof, mnr. Johan Koen, gelewer. Die uittredende hoofseun, Johan Duvenhage het beklemtoon, “You have one life to live” en die nuwe hoofseun het die graad 12’s bedank vir die voorbeeld wat hul gestel het. Hul onderneem om hierop voort te bou.

Die Erekode is gelees waarin matrikulante onderneem om eerlik en getrou hul bes te doen vir die opkomende eksamens. Elke matrikulant het ʼn geskenkpakkie van die ATKV Karoo-bossie dames ontvang, asook ʼn gegraveerde pen van die Hoërskool.

Met hul laaste uitstap uit die skoolsaal, oor die verhoog, was emosionele ouers en matrikulante, dit eens dat jou skooldae ʼn ewige impak op jou laat.

Ons wens ons 2020 Matrikulante alle sterkte vir die eindeksamen.







Graad 11's vorm ʼn erewag vir die Graad 12's om die saal binne te gaan



Graad 12's loop die saal binne



Vlae word ingebring deur die nuwe hoofseun en dogter



Mnr. Koen doen die verwelkoming



Riaan Sadie het ʼn baie leersame boodskap aan die matrieks gelewer



Afskeidsboodskap namens SBL - Mnr. J. Ritter - Voorsitter



Geskenk van Uittredende SR aan skool



Afskeidsboodskap deur nuwe Hoofseun - Jeandré Rust



Pledge voorlesing en ondertekening - Rushinn Geduld



Pledge voorlesing en ondertekening - Rushinn Geduld



Afskeidsboodskap deur uittredende Hoofseun: Johan Duvenhage



Skoollied gesing deur Zimkitha Silo





Graad 12's verlaat die saal