2020 Matriekafskeid Piekniek





Matrikulante piekniek onder sterrehemel

HSDA se matrikulante kon hierdie jaar ‘n keuse uitoefen oor watter tipe funksie hul sou verkies. Die meerderheid het gestem vir ‘n piekniek formaat. Die tema was dus: Nothing fancy – just fun!

Aangesien reis tussen provinsies lank verbode was, het die meer informele tema, ruimte gemaak vir ‘n gemkalike uitrusting. Tog het elke matrikulant hetsy, rok of broekpak of rompie, uiters smaakvol en netjies geklee, opgedaag.

Die Voorsitter van die graad 11 komitee is verkies as Audrey Geyser. Haar komitee spanleiers was, Carina Brand, Elmarie du Toit en Jamine Foster; afsonderlik verantwoordelik vir dekor, fotohoekie en kos. Talle graad 11 ouers en hul graad 11’we het ook hulp aangebied, waarsonder die hele funksie nie sou moontlik wees. Veral ook die enkele hande wie help opruim het Sat oggend, was van onskatbare waarde.

‘n Groot dankie ook aan plaaslike besighede wat ten spyte van uitdagende tye tans, gehelp het, waar hul kan. Elke gebaar, groot en klein word waardeer en maak daadwerklik ‘n verskil. Vrydagaand teen aankomstyd, het ‘n reënbui uit die niet neergesak. Die laerskoolhoof, mnr Pieter le Roux het vrywilllig hul skoolsaal aangebied, wat slegs enkele meters van die piekniekplek op die rugbyveld, was. Na afloop van die toesprake binne die laerskoolsaal, het die matrikulante uitgestap na ‘n skoon oopgetrekte sterrehemel en heerlik gesellig saamgekuier en piekniek, in styl gehou.

Als was uitgesit en beplan binne Covid-regulasies, van kosvoorbereiding tot maskers tot afstande rondom die gedekte tafels. Die musiek, deur DJ Brakkies, die fotografie deur Roedolf en die kos keurig verpak in piekniekbokse was als deel van die uiters suksesvolle aand. Nie net is drie naby geleë brande geblus deur die onverwagse reënbui nie, maar het die Hemel Vader ook die gebede verhoor van die Hoërskool personeel en het die volgende bui eers veel later die aand uitgesak.

Landswyd het matrikulante soveel prys gegee en verloor die afgelope jaar, dat die Hoërskoolpersoneel opreg dankbaar was om ten minste vir hul ‘n eerste klas afskeid te kon hou.

Na afloop van ‘n Covid-jaar, wat geen piekniek was vir die matrikulante, kon hul beslis bietjie uitspan, ontspan en piekniek hou. Die hoof, mnr Johan Koen het tereg gesê: Elkeen bring sy eie weer na die piekniek van die lewe.