2024 Matriekafskeid
Matriekafskeid 2024
Op Donderdag, 19 September 2024, het die Hoërskool De Aar Matriekafskeid, oudergewoonte plaasgevind.
Die tema van die aand was 007 – secret agent.
Elegant, kleurvol, meermin- of prinsesstyl elke graad 12-leerder het asemrowend in hul uitrustings gelyk.
Die tema is oorgedra in betowerende dekor, gemaak deur die vlytige hande van die graad 11’s en hul ouers.
Meneer Koen het die leerders toegespreek en motiveer met ‘n gepaste boodskap oor die “toestelle” vir hulle toekoms.
“For the duration of your High School career, about 5 years, there were many teachers involved with you. These loyal and caring teachers all tried their utmost best to equip you with the necessary “gadgets” in order for you to develop and ready yourself for the beautiful life ahead of you! Thank you so much to every Grade 12 learner (with the support of their friends, parents and guardians) who developed and cherished all these “gadgets” during the years, in an effort to pass Grade 12 and to pass it very well! For each and every one of you, the future has no limits!
… Jy gaan al die advies en waardes, jou ‘toestelle’, wat jy geleer het by jou vriende, jou ouerhuis, jou kerk en ja, ons wil ook glo, by jou onderwysers en Hoërskool De Aar, nodig hê om jou 007-reis; jou nuwe opwindende lewe met baie ‘toestelle’, ‘n groot sukses te maak.”
Met hierdie woorde, ‘n smullekker driegangmaaltyd en voete wat behoorlik gejeuk het kon die graad 12-leerders afskeid van hul skoolloopbaan neem.
12 A
12 B
12 R
personeel