2024 WFF SA Muscle and Beauty





Almarie vaar uitstekend!

Almarie Maritz, ’n Graad 10 leerders van HSDA, het die afgelope naweek uitstekend gevaar tydens die WFF SA Muscle and Beauty Showdown in Port Edward, KZN.

Almarie het aan verskeie afdelings deelgeneem en die uitslae is soos volg: Latino Figure (tweede plek - Silwer), Bikini Model Open (Eerste plek - Goud) en Ms. Glamour (Tweede Plek - Silwer).

Almarie is ook gekies om in hierdie drie afdelings WFF KZN later vanjaar in Johannesburg te verteenwoordig.

Baie geluk en welgedaan.