2024 Lewensafrigting





Lewensafrigter Mark Kotze



Hoërskool De Aar se lewensafrigter, Mark Kotze, het met hierdie besoek ernstig gesels oor die gebruik van sosiale media en veral om gesonde grense daarrondom te handhaaf.

Studies wys dat die gemiddelde persoon op die ouderdom van 75 (in ure) 10 jaar op sy foon spandeer het.

Leerders is gewaarsku oor die invloed van media en die verantwoordelike gebruik daarvan.

Mark het op sy unieke pittige en treffende manier, leerders geboei.

Ons is dankbaar vir sy belegging in die Hoërskool se jeug en bedank ook die SBL wie sy dienste bekom.

Ons glo hierdie holistiese ontwikkeling van ons skool se leerders, dra by tot die groter prentjie van hul sukses, eendag!!





Lewensafrigter, Mark Kotze besoek weer HSDA

HSDA se leerders vind maandeliks baat by die insiggewend sessies van Mark Kotze. Hy gesels op ‘n vermaaklike tienertrant met die leerders oor die lewe, keuses en tienerwees. Hierdie besoek het hy spesifiek stilgestaan by hul toekoms.

In ‘n klein dorpie droom mens soms klein of min. Hy het leerders bewus gemaak van die groter prentjie, roeping en rede vir hul bestaan. As voorbeeld ‘n gebolinddoekte leerder gevra om op die verhoog te kom, te midde van ‘n hindernisbaan.

Terwyl die hele graadgroep skree en aanwysings roep, is dit onmoontlik. Maar toe Mark, alleen praat en die stemme stilraak, kon sy duidelik en veilig die pad vind.

Daar is baie stemme en druk en groot gewoel. Meeste negatief. Leerders moet besluit na wie luister hul en waarheen is hul op pad, sodat hul die regte stemme kan volg en die regte eindbestemming vind.

Voorts het hy ook individuele afsprake met talle leerders gehad en ook die wie deur moeilike tye gaan, gemotiveer en moed ingepraat. Leerders staan tou om op sy unieke komieklike manier, geinspireer te word.

Ons is dankbaar dat ons ons skoliere op so unieke manier kan ondersteun. Ons bedank veral ook die SBL van Hoërskool De Aar vir die geleentheid.



Mark Kotze besoek weer HSDA