2024 Fit It De Aar







Veiligheid van leerders en personeel; ‘n primêre prioriteit by Hoërskool De Aar!



Hoërskool De Aar het 'n deurslaggewende stap geneem om die veiligheid van hul skoolbusse voortdurend te verseker.

Danksy die ondersteuning van Fit It-De Aar het die skool besluit om wielmoer-indikators op al ons busse te installeer.

Hierdie indikators stel die busbestuurders in staat om enige verandering aan 'n wielmoer, dadelik, op te spoor deur 'n eenvoudige inspeksie van die wiele tydens 'n rit.

Dit is 'n belangrike veiligheidsmaatreël wat kan help om potensiële probleme met die voertuie se wielmoere vinnig te identifiseer en aan te spreek.

Wat hierdie inisiatief nog meer waardevol maak, is dat die wielmoer-indikators ook ontwerp is om te smelt en af te val indien daar 'n fout is met die voertuig se remsisteem of laers(bearings).

Hierdie waarskuwingsmeganisme kan potensiële gevaarlike situasies voorkom deur die bestuurders vroegtydig te waarsku van moontlike probleme.

Fit It-De Aar se borgskap en volgehoue belegging in Hoërskool De Aar word opreg waardeer.

Hierdie gebaar wys op 'n duidelike toewyding tot die veiligheid van die skool se leerders en personeel.

Dit is 'n voorbeeld van hoe die samewerking tussen die privaatsektor en skole kan lei tot konkrete voordele vir die skoolgemeenskap.

Dankie Fit It-De Aar!