2023 Madibadag





HSDA STAP VIR KANKER

Jaarliks is dit die gebruik dat HSDA die gemeenskap nooi om op Madibadag, 67 min te kom stap vir Kankerfondse.

Alle fondse wat op die dag geïn word, gaan aan CANSA.

So motiveer ons leerders om by iets groter as hulself betrokke te wees.

Alhoewel dit bibber koud was, was HSDA dankbaar vir wie wel die koue trotseer het.

Jonk en oud het hul warm gestap en warm geeët aan snoepie lekkernye.

Veral die warm sjokelade was ʼn wenner.

Talle pienk strikkies is deur Hoër- en Laerskoolleerders gekoop.

CANSA produkte is verkoop en Lisa-Mari Lombard het fotos geneem van al die pret en plesier, onderwyl musiek vrolik speel.

Ons is jaarliks dankbaar vir ieder en elk van die gemeenskap wie ons met hierdie projek ondersteun.