2021 Skenking Aan Ouetehuis





HSDA SKOONHEID BESOEK ACVV OP DIE KRUIN TEHUIS

Op Vrydag 3 September het HSDA ‘n Civvie-dag gehou.

Die geld wat met hierdie geleentheid ingesamel is, is aan Op die Kruin Tehuis geskenk.

Met die nuwe maand en viering van lente, het HSDA se beeldskone dames, Nomahlubi Nel (Me. HSDA), Shanel Jansen van Rensburg (eerste prinses) en Megan Gadney (tweede prinses) die geld aan Op die Kruin oorhandig.

Dit is dalk ‘n druppel in die emmer, maar met ‘n oormaat liefde geskenk.

Die liefde is ‘n vrug wat altyd in seisoen is, en wat altyd binne bereik van enige uitgestrekte hand is.

  • Moeder Teresa


HSDA se personeel het Vrydag soos "Hippies" aangetrek.



HSDA se beeldskone dames, Nomahlubi Nel (Me. HSDA), Mev. Judith Hendricks (Bestuurder Op die Kruin Ouetehuis) Shanel Jansen van Rensburg (eerste prinses) en Megan Gadney (tweede prinses) oorhandig die Civvie-dag geld aan Op die Kruin.