Madeira Saverite Beesloop





MADEIRA SAVERITE BEESLOOP WENNERS

Dit spyt ons om nie hierdie jaar ʼn Karoofees te kon hou as gevolg van die huidige Covid pandemie nie.

Ons is baie dankbaar vir Madeira Saverite wat steeds met die Madeira Saverite Beesloop kompetisie aangegaan het.

Die Madeira Saverite Beesloop wenners is as volg:

EERSTE PRYS: NATASHA VISSER

TWEEDE PRYS: BYKELWA MTWANA

DERDE PRYS: SOLOMON HUSSEIN

Ons bedank Madeira Saverite vir hul lojale ondersteuning en ons glo en vertrou dat ons in 2022 ʼn uitstekende fees sal kan aanbied.



MADEIRA SAVERITE EERSTEPRYS WENNER: VLNR: MNR. KOEN (SKOOLHOOF), NATASHA VISSER (EERSTE PRYS), EURICO HENRIQUES (MADEIRA SAVERITE)



DERDE PRYS WENNER: MNR. KOEN (SKOOLHOOF), ME. HUSSEIN



TWEEDE PRYS WENNER: MNR. KOEN (SKOOLHOOF), ME. BYKELWA MTWANA



Me. Karike Bekker se taktiek het gewerk!

Sy het haar Graad 10B klas belowe dat as hulle die meeste Madeira Saverite Beesloop boekies verkoop, sy skoolklere sal aantrek.

Hier is van die Graad 10B leerders saam met hul juffrou Karike.

Elizca Bester (links agter) het die meeste boekies in die skool verkoop!

HSDA is trots op Me. Bekker, Elizca en die 10B klas.

ʼn Paar van die Graad 10B leerders:

Agter vlnr: Elizca Bester beste verkoper in HSDA, Karla Dumas, Jaco Mouton, Akhiwe Ngese

Voor: Colinne Bitterbos, Miss Karike Bekker, Carlin Klaaste and Daylene Jansen