HSDA verjaar





HSDA VIER 97 JAAR

Die bou van die spoorlyn tussen Kaapstad en Kimberley, vroet in die 19de eeu, het tot gevolg gehad dat opvoedkundige fasiliteite op De Aar ontstaan het.

In 1924 het Hoërskool De Aar begin funksioneer en vandag vier o ns al 97 jaar se bestaan.

30 September was hier heerlik fees gevier by HSDA.

Verskeie sportsoorte soos, sokker, vlugbal, raak-rugby en mini-krieket is terdeë geniet. Leerders het aktief deelgeneem. Daar was selfs ‘n hindernisbaan.

Onderling het klasse koek geniet en partytjie gehou in klasverband.

Elke klas het ‘n verjaarsdagboodskap aan die skool geskryf.

Hieruit is dit sigbaar hoe trots leerders op hul skool is en hoe baie hulle by HSDA leer.

Almal is dit eens; Jy gaan ver soek vir so ‘n top skool! Hul verruil hul Hoërskool De Aar jare vir geen ander!

Ons HSDA leuse: Wie soek sal vind!

Hier vind jy selfs meer as wat jy voor gesoek het.

Ons mik hoër en hoër.