HSDA Sanger in Rolprent





HSDA SANGER IN ROLPRENT



Leandro de Carvalho, ʼn graad 9 leerling in Hoërskool De Aar, is uit talle ander sangers van reg oor die land, gekies om in ʼn kort-rolprent, wat 2022 verfilm word, te sing!

Leandro se sangtalent het hom al oorsee laat reis in 2019, waar hy SA verteenwoordig het. Hier het hy naam gemaak, deur die “Kampioen van kampioene” wisseltrofee te ontvang.

Nou is die volgende mylpaal ʼn plek op ʼn rolprentstel. HSDA is voorwaar trots op hierdie skolier, wat tesame met sy sang loopbaan, ook akademies puik presteer!

Sy mentor is Germandt Geldenhuys van Binnelanders. Germandt, en baie ander hou hierdie jong seun se vordering mooi dop. Hy blink uit op kultuur en akademie, en gaan beslis nog hoë hoogtes bereik.