2021 Skaak





SKAAKMAT VIR HSDA TYDENS PIXLEY SKAAPROEWE

Vyftien van HSDA se leerders het die afgelope naweek aan die Pixley skaakproewe deelgeneem.

Die kompetisie tussen die leerders van Laerskool De Aar, Hoërskool Prieska en Hopetown was straf, maar die leerders van HSDA het uitstekend gevaar.

Dawson Jonker en Amand Kitengye het die beste presteer en het kragte teen mekaar gemeet, Amand tree as die wenner uit die stryd.

Amand is die speler van die dag en het ʼn goue medalje vir sy uitstekende spel verower.



Amand Kitengye - HSDA leerder het tydens Saterdag se Pixley skaakproewe ʼn goue medalje verower.